Laerskool Durbanville leerder skitter in ATKV Junior Olimpiade
ADVERTISEMENT
Laerskool Durbanville leerder Simon Viljoen tans in graad 7 het op 7 September aan die ATKV se Junior Taalolimpiade deelgeneem. Hy het 81% behaal. Die Junior-kategorie sluit graad 7- tot 9-leerders in. Hy is in die Top 20 van die Wes-Kaap en ook in die Top 100 nasionaal. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie, veral omdat hy teen hoërskoolleerders gekompeteer het.









