Laerskool Courtrai atleet op pad na SA’s
ADVERTISEMENT
Laerskool Courtrai leerder Mia Janse van Noordwyk (graad 4) het Saterdag aan die Wes-Kaap Atletiekbyeenkoms deelgeneem (dogters o.10).Sy breek die rekord in hoogspring, asook in 70m hekkies. Sy het ook ’n 2de plek in verspring losgespring. A.g.v. haar uitstekende prestasie, is sy aangewys as die Victor Lodorum vir die beste baanatleet. Sy is opgeneem in Wes-Kaap span wat aan die SA Kampioenskappe in Potchefstroom gaan deelneem.

Mia Janse van Noordwyk









