Laerskool Bredasdorp tennistoernooi lewer lekker opwinding
ADVERTISEMENT
Laerskool Bredasdorp se o.12 Tennistoernooi het 2 dae van heerlike tennis opgelewer. Courtrai het as wenners uit die stryd getree met die BD’s wat in die 5e plek uit die 8 skole klaargemaak het. Twee van ons spelers het deel gevorm van die Uitnodigingspan wat in die 4e plek geëindig het. Tennis was egter beslis die groot wenner van die naweek!










