Laerskool Bosveld Primary tennisspelers geniet voorlaaste Ligawedstryde
ADVERTISEMENT
Die voorlaaste ligawedstryde van die tennis seisoen het Laerskool Bosveld Primary leerders die geleentheid gebied om hul tennisvaardighede ten volle te toets toe ons Maandag, 12 Augustus te staan gekom het teen Laerskool Julian Muller en Laerskool Euphorbia. Die opponente was sterk maar ons leerders het nie teruggestaan nie! Elke speler het hul bes gedoen, en ten spyte van ’n paar knoue hier en daar, het die moed nooit gedaal nie.















