Laerskool Bellville-Noord ontvang rugby- en skeidsregterstruie van borg
ADVERTISEMENT
Bossa Tyger Falls het deel geword van Laerskool Bellville-Noord se Meerkat-familie deurdat hul nou ons o.7’s se rugbytruie borg. Mnr. Derek Kübe het die truie Vrydag, 20/6, persoonlik aan die spannetjie kom oorhandig. Hy het ook nuwe skeidsregtershemde aan die skool se rugbyskeidsregters oorhandig wat ook deur hulle geborg word.

Mnr. Derek Kübe (Bossa Tyger Falls) is hier saam met die o.7’s en me. Elizma Williams (afrigter en onderwyser)

Van links na regs is mnre. Corne Lötter, Jahno Geldenhuys, Tiaan Lotz, Derek Kübe (Bossa Tyger Falls) en Johannes Terblanche (Rugby-organiseerder)

Mnr. Johann Mostert (Skoolhoof – links agter), mnr. Johannes Terblanche (middel agter – Rugby-organiseerder) en mnr. Derek Kübe (heel regs – Bossa Tyger Falls) oorhandig hier die truie aan die trotse o.7-mannetjies.









