Laerskool Bellville-Noord Mini-krieketdag
ADVERTISEMENT
Saterdag, 7 Maart, het Laerskool Bellville-Noord ‘n baie suksesvolle Rawson Eiendomme (Bellville Oakglen) Mini-krieketdag aangebied. Tien skole met 24 juniorspanne (o.8 en o.9) was betrokke. Die skole was: Boston, onsself, Destinatus Privaatskool, De Tyger, Drakenstein (Paarl), Mikro, Parow-Oos, Tygerhof, WA Joubert (Paarl) en El Shaddai.
Daar was twee spanne wat heeltemal uit meisies bestaan het (onsself en Boston), en vele van die ander spanne het ook meisies in gehad. Dié sport raak beslis al gewilder onder meisies.Elke span het drie wedstryde gespeel met ‘n rustyd tussen die wedstryde waartydens die spelers pryse kon wen danksy ‘n gelukstrekking van pryse wat moontlik is danksy ons kleiner borge. Dié prystrekking is elke jaar baie gewild.
Ons was baie goed ondersteun deur ouers en ander familielede en ons OOV (Ouer-onderwyservereniging) het goed sake gedoen met die verkoop van kos en ander lekkernye.

Ons verwelkom ons hoofborge by die mini-krieketdag.

Ons span word opgewarm voor die eerste wedstryd

Wicket Cricket en Rugga Roots was van ons kleiner borge en het ook saam ‘n stalletjie beman en inligting oor hul aktiwiteite met belangstellendes gedeel.

Albei ons spanne wat deelgeneem het saam met afrigter, me. Jancke le Roux.

Van ons OOV-lede en ouers wat betrokke was by die kosverkope.

Een van die twee wonderlike noodhulpwerkers, Zoë Fabricius (privaat) wat ons altyd met sportdae uithelp, help gou met ‘n ysie.









