Laerskool Bellville-Noord leerder is die tweede beste skut in die wêreld
ADVERTISEMENT
Darius Vrey (gr. 5, Laerskool Bellville-Noord) het die afgelope naweek tweede gekom in die World Hunter Field Target Organization se internasionale kompetisie. Hy het teen skuts van reg oor die wêreld meegeding en is dus tweede in die wêreld wat ‘n groot prestasie is. Ons is ontsettend trots op hom. Hy is nou in graad 5 maar skiet reeds geruime tyd teen o.13’s.
Dis die eerste keer ooit dat Suid-Afrika hierdie kompetisie op tuisbodem kon aanbied. Dit was ‘n groot sukses ondanks die weer wat nie saamgespeel het nie.
Sy broer, Hanco (oud-Bellville-Noorder, tans in graad 11 in Hs Bellville) is die internasionale kampioen nadat hy eerste in die o.18-afdeling gekom het.
Laerskool Bellville-Noord is baie trots op hierdie twee broers.
Darius ontvang sy toekenning vanaf Jan van de Vyver (hoof van die komitee wat die 2 dae organiseer het.










