Hoërskool Ellisras is die Interhoër wenners vir 2023
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ellisras is die Interhoër wenners vir 2023. Daar is nie genoeg gevleuelde woorde om ons atlete, personeel en ouers se voorbereiding, oefening en ondersteuning vir hierdie spog geleentheid uit te lig nie. Dit het gelei tot die ongelooflike skouspel van atletiek, met puik prestasies en ongelooflike gees by Hoërskool Ben Viljoen. Die Rassies loop weereens weg met die Interhoër beker vir 2023.
Die wen oomblik
Ellisras dirigente
Die Rassies ken nou niks anders as wen nie. Ellisras spog met die volgende trofee wenners, die beste senior seuns aflosspan, beste junior dogter span en beste seuns senior span. EHS het ‘n totaal 27 Goue medaljes, 35 silwer medaljes en 19 Brons medaljes verower. Ellisras se aflos spanne het ook ‘n totaal van drie eerste plekke los gehardloop. Die dirigente het weggeloop met die tweede plek vir die beste dirigente opkoms. Tshepang Dankuru breek ook ‘n rekord tydens die 0.19 110m hekkies, hy verbeter die 14,20 s rekord na 13,78s. EHS wil ook net gebruik maak van die geleentheid om dankie te sê vir elke borg wat die pad saam met ons gestap het. Die groen, die geel en die blou neem nie deel nie, ons neem oor!
Ellisras Geesspan
Ellisras optog
Herman Lombard
Jadrin van Blerk
Tshepang Dankuru
Foto krediet: Heinrich










