Laerskool Bellville-Noord besoek Ysterplaat Lugmag Museum
ADVERTISEMENT
Die Groentjiesklub het vandag (20/6) ‘n tweede keer ingeloer by die Ysterplaat Lugmag Museum en so kwartaal twee se aktiwiteite afgesluit.
Dit was regtig ‘n heerlike dag wat baie interessant gemaak is deur ons gids (een van die vrywilligers wat oor naweke daar werk) wat uit ons uit sy eie uit onder sy vlerk geneem het en rondgewys het. Dankie Enle Li, jy het ‘n spesiale aanvoeling vir kinders. Die res van die personeel daar het ons ook baie welkom laat voel.
By een van die vegvliegtuie wat deur ons lugmag gebruik was. Mnr. Enle Li (met die glimbaadjie) vertel die kinders meer.
Die kinders het ook die klein snoepie lekker ondersteun en gesmul aan hul heerlike boereworsrolle, drinkgoed en meer. Die klein winkelstalletjie het ook heelwat klein speelvliegtuigies verkoop wat later die hele loods vol gevlieg het.Ons Meerkatte se gedrag was puik en was ‘n pragtige advertensie vir ons skool.
Volgende Saterdag, 27 Junie, gaan die pragtige ou Shackelton se enjins weer ‘n slag aangeskakel word en almal word uitgenooi om daar ‘n draai te gaan maak.
Jul sal dan ook moontlik kan sien sien hoe dié vliegtuig rondbeweeg word wanneer dit weer in die loods gebêre word.
‘n Paar van die Groentjies (name word teruggehou) in een van die vliegtuie kajuite. Hul het dit nou baie interessant gevind.










