Laerskool Bellville-Noord besoek Monkey Town vir ‘n laaste keer
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord se Groentjiesklub ‘n laaste keer by Monkey Town gaan inloer. Slegs ‘n paar dae tevore is bekend gemaak dat Monkey Town einde April hul deure finaal gaan sluit weens die naderende stedelike ontwikkelings reg rondom hulle. Hierdie nuwe ontwikkelings het reeds ‘n uiters negatiewe uitwerking op die diere wat vir jare in vrede en stilte in hierdie plek van veiligheid kon bly.
Ons sou eers ‘n ander plek in die vakansie besoek het, maar met hierdie hartseer nuus wat toevallig op ‘n radiostasie gehoor, en toe in ‘n koerant raakgelees was, is die uitstappie baie vinnig aangepas.Oom Allan Arendse het Maandag as gids opgetree en die Groentjies allerlei interessante inligting oor dié diere hier, asook die diere in die wildernis vertel. Hy het ook tussendeur allerlei grappies en lewenswyshede ingewerk.















