Laerskool Bakenkop 2026 Gr R Atletiekbyeenkoms
ADVERTISEMENT
Die jaar se Gr R’e het Laerskool Bakenkop wéér laat glimlag van oor tot oor! Van die oomblik af wat hulle in klasverband met hul optog begin het, was die opgewondenheid en entoesiasme sommer tasbaar. By die 60 m , hekkies, gewigstoot en verspring was die konsentrasie duidelik sigbaar – elke klein atleet het sy alles gegee! Maar die lekkerste van ’n Bakie? Om alles te geniet en gelukkige gesiggies te sien! Blitzi’s was op hulle stukke, kleinboeties en sussies wou ook graag deelneem, en die oupas en oumas was meer trots as ’n pou in die son. Só bou ons groot herinneringe met klein mensies!







































