Laerskool Aliwal-Noord Tennisuitslae
ADVERTISEMENT
Laerskool Aliwal-Noord Tennisuitslae. Gedurende die naweek van 3 -5 Februarie 2023, het 3 van Laerskool Aliwal-Noord se tennisspelers aan rondte 2 van die Chris Hani Westelike tennisproewe deelgeneem. Hierdie proewe het in Grahamstad plaasgevind en ons is baie trots op Janroux Hattingh, Ané Naudè en Erik Prinsloo wat gekies is om aan die Synergy Cup die naweek van 23-25 Februarie 2023, in Kimberley te gaan deelneem. Erik en Ané neem egter aan atletiek deel. Ons wens vir Janroux Hattingh baie sterkte toe vir sy deelname aan die Synergy Cup.
















