Laerskool Aliwal-Noord leerders blink uit by Vrystaat Platteland-Rugbyproewe
ADVERTISEMENT
’n Groep talentvolle leerders het hul staal gewys tydens die derde rondte van Vrystaat Platteland-rugbyproewe en is beloon met keuring vir hul onderskeie ouderdomsgroepe. Laerskool Aliwal-Noord is besonder trots op die volgende leerders wat gekies is:

- Adriaan Vorster (o.13)
- Liyabona Makisi (o.12)
- Xhanti Gungqwa (o.12)
- Ruben Greyvenstein (o.12)
- Sphe Nkosi (o.12)
- Olamide Olaifa (o.12)
- Fernand Hattingh (o.12)
- Jacobus Odendaal (o.11)
- Herman Lotriet (o.11)
- Keagan Pfohl (o.11)
Hierdie prestasie volg ná harde werk, deursettingsvermoë en toewyding op en van die veld af. Om tot op hierdie vlak te vorder en uiteindelik gekies te word vir Vrystaat Platteland is ’n merkwaardige prestasie. Die skool wens elke leerder van harte geluk en sien uit daarna om hul verdere sukses te volg. Julle is ware ambassadeurs van die skool!










