Laer Volkskool ruiters neem deel aan Phillippolis skou
ADVERTISEMENT
Laer Volkskool ruiters neem deel aan Phillippolis skou: Marli Fourie en Gideon Viljoen het die naweek van 4 – 5 November 2022 aan die skou op Philippolis deelgeneem. Hulle het die volgende prestasies behaal:
Gideon Viljoen
- 1ste plek in die stap en draf kinderryperd vertoon deur ‘n kind 8 jaar en onder
- 2de plek in die stap en draf ruiterkuns 8 jaar en onder
Marli Fourie
- 1ste plek in die 5-gang ruiters o.18.
- Sy wen ook die Louis van Wyk Wisseltrofee.
Baie geluk aan beide hierdie leerlinge. Laer Volkskool is baie trots op julle!
![]()










