Laer Volkskool leerders deur na volgende rondte van die SAMC 2025
ADVERTISEMENT
Op Woensdag, 12 Maart 2025, het Laer Volkskool aan die eerste rondte van die SAMC 2025 uitdaging deelgeneem. Dis die derde jaar wat Laer Volkskool aan hierdie uitdaging deelneem.
Dankie aan almal wat deelgeneem het, want hierdie Wiskunde uitdaging is voorwaar nie maklik nie.
Die tweede rondte vind plaas op Donderdag 22 Mei 2025.
Die volgende leerlinge is deur na die tweede rondte:
Graad 4
- Beulah Nel
Graad 5
- Amoné White
Graad 6
- Gerrit Jordaan
- Mia Troskie
Graad 7
- Janneke Conradie
- Janco van den Berg
- Margite van der Merwe
Baie geluk en sterkte met die tweede rondte.

VOOR: Beulah Nel, Mia Troskie
AGTER: Janco van den Berg, Margite van der Merwe, Janneke Conradie, Gerrit Jordaan









