Jong Bokke Wêreldkampioene prestasie vir Hoërskool Fichardtpark
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die Jong Bokke wat gisteraand as die wêreldkampioene gekroon is na hul kragmeting teen die Jong All-Blacks. ‘n Spesiale gelukwensing aan Jaco Grobbelaar, oud-Fichie Leeus kaptein 2023, wat deel was van hierdie wenspan gister en uitstekende spel gelewer het. Hoërskool Fichardtpark harte bars van trots!
Op die foto is Jaco saam sy mede-Blou Bul spanlede, asook die Jong Bok afrigter en nuutaangestelde Blou Bul afrigter, Johan Ackerman.










