Hoërskool Diamantveld leerder presteer puik tydens die SA o.19 Pluimbaltoernooi
ADVERTISEMENT
Dubbel die trots! Baie geluk aan Lourens Scheffer van Hoërskool Diamantveld wat tydens die Suid-Afrikaanse o/19 Pluimbaltoernooi in Kaapstad nie een nie, maar twee silwer medaljes verower het!
Hy het puik presteer in beide die dubbels en gemengde dubbels. Ons is ongelooflik trots op jou, Lourens! Hou so aan!










