Internasionale Konsertpianis besoek sy alma mater Hugenote Laerskool
ADVERTISEMENT
Pierre-Jacques Joubert, ‘n internasionale konsertpianis wat al talle toekennings en beurse regoor die wêreld ingepalm het, het onlangs uit Duitsland ‘n draai by sy heel eerste Hugenote-musiekonderwyseres kom maak.
Pierre-Jacques, wat in die tagtigerjare ‘n leerder aan Hugenote Laerskool was, het sy musiekloopbaan by juffrou Leana Engelbrecht afgeskop. Hy en sy suster, Annemari, het beide by juffrou Leana musieklesse geneem en gereeld aan eisteddfods deelgeneem, waar hulle uitstekend presteer het.
Juffrou Leana se naam verskyn ook, saam met dié van Pierre-Jacques, op UNISA se ererol a.g.v. die prestasies wat hy reeds in die laerskool op nasionale vlak behaal het.
Pierre-Jacques se besoek aan sy eertydse musiekonderwyseres en ou laerskool was ekstra-spesiaal omdat sy susterskind, Estian, ook ‘n Hugenoter is en musieklesse by juffrou Leana ontvang.










