Hugenote Laerskool presteer weer by die Paarl Vallei Eisteddfod
ADVERTISEMENT
Ons is ongelooflik trots op al die leerders wat ons skool in solosang by die Paarl Vallei Eisteddfod verteenwoordig het. Ons het altesaam 48 items ingeskryf en ons sangers is deur juf. Leana Engelbrecht en Rykie Boeke (1 leerder) afgerig. Ons nagtegale het die volgende uitstekende uitslae behaal:
- 8 Cum Laude
- 30 Goud+
- 9 Goud
- 1 Silwer+
Ons is besonder trots op Helen de Villiers wat vir beide die voorgeskrewe en eie keuse afdelings ‘n Cum Laude-toekenning behaal het. Die lewe is ‘n nootvaste lied by Hugenote Laerskool!

Kairo Cupido

Bailey Muller

Mckenzie Davids

Jomien Joubert

Helen De Villiers

Kiara Swarts









