HTS Tom Naudé hokkie het ‘n ongelooflike eerste seisoen
ADVERTISEMENT
2025 is die jaar waarin HTS Tom Naudé THS amptelik hokkie vir O.14 en O.16 seuns geloods het en wat ’n ongelooflike eerste seisoen was dit!
Ja, dit was uitdagend min oefentyd, gedeelde spelers, beperkte spasie… maar toe gebeur die ondenkbare:
- O.14 SEUNS – Medium Skole Liga Wenners!
- O.16 SEUNS – Medium Skole Liga Wenners!
Dis nie net ’n wen nie, dis ’n statement! Hierdie seuns het elke wedstryd gespeel met passie, vasberadenheid en trots.
’n Reuse dankie aan afrigters Monique Potgieter, Cornel Louw en Sean Fourie wat met soveel ywer ingespring het julle het goud gevorm uit ’n droom!
Trots is nie genoeg nie. Ons is TOMMIETROTS!


















