HS Waterkloof rolbalspelers presteer by die Gauteng Challenge
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het 9 van Kloof se rolbalspelers die voorreg gehad om ‘Bowls Gauteng North’ tydens die Gauteng Challenge in Krugersdorp te verteenwoordig.
Die ouderdomme by rolbal werk bietjie anders en daar is ook teen spelers meegeding wat bietjie ouer is omdat daar slegs ‘n o.20- en o.15- afdeling is. Nietemin het ons spelers uitgestaan en is ons sommer baie trots op elkeen van hulle.
Die volgende spelers het deelgeneem:
- o.20 – Henru van der Nest, Paul van den Berg, Isabe Botha, Arno Heydenreich en Reinhardt Naude
- o.15 – Zander Hamilton, Carlise Henning, Wian van Zyl en Minette Botha
Baie geluk aan elkeen wat so mooi presteer het. ‘n Voorbeeld van hoe taai dit was word in die volgende uitslae gewys:
- Henru en Paul se span speel 4 wedstryde – wen 3 en verloor een. (Tellings: wen 12 – 11, verloor 10 – 15, wen 12- 11, wen 12 – 11)
Die finale spanne vir die SA’s (wat oor vyf dae gespeel word) vind tydens die Maart-vakansie in Bloemfontein plaas. Die spanne daarvoor word aan die einde van die maand bekend gemaak.













