HS Swellendam rolbalspeler aangewys as beste o15 speler in SA
ADVERTISEMENT
Die Nasionale Junior rolbalkampioenskappe was vanaf 29 Maart tot 1 April aangebied op Bloemfontein en Ruben Lubbe van Hoërskool Swellendam het daaraan deelgeneem. o/20 en o/15 spanne van regoor die land het hul onderskeie distrikte verteenwoordig. Boland het 3 spanne in die o/20 afdeling gehad en 2 spanne in die o/15 afdeling (waarin Ruben was), waarvan die jongste leerling net 8 jaar oud was.
Daar is oor die 4 dae baie goeie en kompeterende rolbal gespeel, waarna Ruben se o/15 A span weggestap het met die goue medalje in hul afdeling. Ruben was 7 uit die 10 wedstryde aangewys as speler van die wedstryd, waarna hy toe aangewys is as die algehele o/15 speler van die toernooi, wat hom basies die beste o/15 speler in die land maak. So hou die rolbal dop, want hierdie man is op pad na groot dinge.










