Hoërskool Duineveld leerder presteer uitstekend by die Nasionale Juniors Rolbal Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Nadia Botes van Hoërskool Duineveld was gekies om die Noord-Kaap o.18-span te verteenwoordig by die Nasionale Juniors Rolbal Kampioenskappe in Bloemfontein vanaf 29 Maart tot 1 April 2026.
Altesaam het 26 spanne deelgeneem.
- Nadia en haar span se uitslae was as volg:
- Wen teen Sedibeng A: 15–13
- Wen teen Ekurhuleni B: 23–11
- Wen teen Bowls Gauteng-Noord C: 16–9
- Wen teen WP A: 15–14
- Verloor teen Noord-Vrystaat A: 14–19
Sy en haar span het gekwalifiseer om in die kwarteindstryd te speel. Hulle wen teen Suid-Vrystaat A met 16–6. Daarna speel hulle in die semifinaal teen WP A en wen 23–9. In die finaal speel hulle teen Sedibeng B en verloor 12–15. Algeheel eindig Noord-Kaap tweede en stap weg met die silwermedalje. Sy het Duineveld se naam hoog gehou en met trots Veltie Guts gewys.














