HS Strand Musiekdepartement se sangers neem deel aan die Allegretto Eisteddfod
ADVERTISEMENT
Hoërskool Strand se Musiekdepartement se sangers het Woensdagaand aan die Allegretto Eisteddfod deelgeneem. Die dogters het uitstekend gevaar met 9 Cum Laude en 4 Goue toekennings. Gabriella Benadie, Chloe Nel en Christiné Kok het direk na die Gala-aand wat September in Stilbaai plaasvind deurgedring. Saskia Mc Dilling het ook die hoogste persentasie van 96.6% vir haar Afrikaanse lied ontvang. Hoërskool Strand is baie trots op hierdie sangers! Me. van Tonder is ook tydens hierdie geleentheid deur die hoofbeoordelaar komplimenteer as een van die beste begeleiers wat hy in ‘n lang tyd gehoor het. Me. van Tonder gaan in samewerking met me. Malherbe die dameskoor in die derde kwartaal by hierdie Eisteddfod lei.
![]()










