HS Noord-Kaap vs HS Diamantveld: Hier is Hoërskool Noord-Kaap se A rugbyspanne
ADVERTISEMENT
Die rugbyspanne is gereed vir die kragmeting. AWSUM gesels met Elridge Jack, eerstespan rugbykaptein van Hoërskool Noord-Kaap oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê. Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver? 2022 se Classic Clashes. Die manier hoe ons as broers saamgestaan het, tenspyte van die resultaat. Voorbereiding vir hierdie jaar se Clashes was baie professioneel.
Hoe motiveer jy jou span? Ek motiveer hulle meestal deur my harde werk en om motiverende praatjies te gee. Om professioneel op te tree help my spanmaats on na ‘n hoër vlak te beweeg.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Melvin – die manier hoe hy met die manne praat en sy aanmoediging – hy motiveer selfs die afrigters.
Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit? Ons wil seker maak om hierdie jaar se Clashes huis toe te bring en die dorp groen te verf. Ons wil verseker die Griqua – liga domineer asook die Kovsie – liga.
Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom? Handre Pollard. Sy besluitneming en manier van dinge doen is wêreldklas. Handré hanteer druk baie goed en dit is waarna ek streef.
Wat is jou planne vir die toekoms? Om vir die Blou Bulle uit te draf was, en is nog steeds een van my groot drome.
Hier is Hoërskool Noord-Kaap se A rugbyspanne. o.19 A
![]()
o.19 B
![]()
o.16 A
o.15 A
o.14 A
AWSUM gesels met Deon Carney eerstespan rugby afrigter. Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Opwindende, hardloop-rugby.
Hoe is die samestelling van die span vir die naweek? Enige beserings? Ons is amper ‘n vol-sterkte span. Ons het tans net een besering, so ons sien uit na die Classic Clashes.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? In ons agterlyn – ons het baie spoed en goeie vaardighede.
In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler? Iemand met die volgende eienskappe: hardwerkend, op tyd, vreesloos, vaardig en goeie visie.
Wat is jou filosofie as `n afrigter? “It is not the team with the best players that win, it is the players with the best team!’
Is daar enige afrigters waarna jy opkyk? John Mitchell.










