HS Noord-Kaap vs HS Diamantveld: Hier is Hoërskool Diamantveld se A rugbyspanne
ADVERTISEMENT
Die rugbyspanne is gereed vir die kragmeting. AWSUM gesels met JJ Fourie, eerstespan rugbykaptein van Hoërskool Diamantveld oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê. Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver? Toe ek vir die eerste keer die span op die veld kon uitlei.
Hoe motiveer jy jou span? Iets wat vir my as kaptein belangrik is in rugby, is om `n positiewe houding te behou regdeur die wedstryd en op goeie gebeure te bou en uit jou foute te leer.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Marco Mathewson (losskakel). Hy is ook my beste vriend en het`n groot impak oor hoe ek besluite maak en hy vertrou my op die veld om as kaptein te doen wat in die beste belang van die span is.
Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit? Defnitief Clashes teen Noord-Kaap ek dink Noord-Kaap is `n span om mee gereken te word en sal op die dag vir ons goeie kompetisie wees, maar soos ons by Wildeklawer vanjaar gewys het, hou ons van `n uitdaging en staan nie sommer terug nie.
Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom? Daar is soveel leiers, maar as ek een moes kies sal ek sê Pieter-Steph du Toit. Hy is hardwerkend en bring altyd sy beste na die tafel toe en mens sal hom nooit sien uitbors loop tenspyte van die reuse sukses wat hy al in sy loopbaan bereik het nie.
Wat is jou planne vir die toekoms? Die seisoen is nog `n entjie en met soveel rugby in my bloed sal dit verkeerd van my wees om nie die passie en talent na te streef nie, maar akademies beplan ek om universiteit aan te pak en die meeste daarvan te maak.
Hier is Hoërskool Diamantveld se A rugbyspanne. o.19 A

Achilles de Jager Flank

Charl Swanepoel Binnesenter

Daniël Kuhn Slot

De Villiers Strauss Haker

De Wet Du Plooy Haker

Dirk van Heerden Skrumskakel

Diwan Muller Slot

Ernie Kruger Flank

Filip du Randt Stut

FJ de Vries Stut

Heinrich Nel Stut

JJ Fourie (Kaptein) Slot

Juan-dré Stassen Agsteman

Kyle Taute Vleuel

Liam Ferris Heelagter

Luchen Meyer Vleuel

Lu-Gene Coetzer Stut

Marco Mathewson ok Losskakel

Paul Cronjé Agsteman

Simon Liversage Binnesenter

Stiaan van Loggerenberg Agsteman

Valentino Lenge Buitesenter
o.16 A
o.15 A
o.14 A












