HS Ben Vorster leerder skitter by die Limpopo Tweekamp Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Marnus Kruger, ‘n gr. 12-leerling van Die Hoërskool Ben Vorster het op Saterdag, 15 Januarie 2022, aan die Limpopo Tweekamp Kampioenskappe deelgeneem te Polokwane.
Marnus het ‘n 1ste plek in die swem- (100m) en die hardloopitem (800M) behaal.
Hy het die volgende trofees verower:
- Beste Swemmer
- Beste Atleet van die dag
- JNR Victor Ludorum
Hy kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat inPort Elizabeth plaasvind. Baie geluk, Marnus! Die Vossies is trots op jou prestasie.












