Hokkieprestasie vir Hoër Volkskool
ADVERTISEMENT
Deidre Alberts (links) het die vanaf 14 – 18 Junie aan die IPT hokkietoernooi deelgeneem te Johannesburg. Sy het die 0.14 O.P. Hokkiespan verteenwoordig. Die span eindig algeheel elfde in die toernooi. Alecia Louw (regs) het ook aan die IPT hokkietoernooi deelgeneem te Bloemfontein. Sy was deel van die 0.16 O.P. Hokkiespan. die wpan het uitstekend gevaar in die uitspeel wedstryde en moes op die laaste dag uitspeel teen Boland vir die eerste en tweede plek in die toernooi.
Die wedstryd was baie taai, maar in die laaste minute kon Alecia daarin slaag om die wendoel vir O.P. aan te teken. O. P. eindig dus eerste in die toernooi. Na afloop van die toernooi is Alecia gekies as deel van die Suid-Afrikaanse 01.6B hokkiespan. Welgedaan! Hoër Volkskool is ongelooflik trots op jou!
![]()










