Provinsiale hokkie hoogtepunt vir Hoërskool Durbanville leerder
ADVERTISEMENT
Keelen Treu leerder van Hoërskool Durbanville het die vakansie die WP O.16B-hokkiespan met trots by die Interprovinsiale Toernooi (IPT) verteenwoordig.
Sy keuring tot die span is ‘n bewys van sy talent, harde werk en toewyding aan die sport. Om op provinsiale vlak deel te neem, is ‘n besondere prestasie en bied waardevolle ervaring teen van die land se beste jong hokkiespelers. Baie geluk, Keelen, met hierdie uitstekende prestasie. Ons is trots op jou en wens jou alle sukses toe met jou hokkieloopbaan!










