Hoërskool Zwartkop slimkoppe gesels op JacarandaFM
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop slimkoppe gesêls op JacarandaFM. Op 18 Januarie het Hoërskool Zwartkop vier van hul slimkoppe na Martin Bester en die JacarandaFM ontbytspan se studio gestuur om deel te neem aan die Family Quiz. Die afgelope week het skole van regoor Pretoria en Johannesburg die geleentheid gekry om mekaar uit te daag om aan dié vasvra deel te neem. Nadat die Zwarries deur Hoërskool Noordheuwel uitgedaag is, het Lisa de Swardt, Minette de Souza, Lourens Nel en Guan Buys Hoërskool Zwartkop in die studio verteenwoordig. Die Zwarries kon 9 van die vrae korrek beantwoord en die een vraag wat nie noodwendig een van die moeilikste was nie, het hul gekelder.
Lourens en Minette het ook die geleentheid gekry om die skool se jaartema, Zwarries is vriendelik, met Martin en die span te deel. Daarmee saam het hulle vertel wat die Zwarries so uniek maak en meer uitgebrei oor die skool se Eko-klub. Die Zwarries is saam met Hoërskool Menlopark en Hoërskool Eldoraigne in die eerste plek
omdat al drie skole 9 vrae korrek geantwoord het. Die skool wat deur die Zwarries uitgedaag word om die volgende oggend saam te speel, is Hoërskool Centurion. Baie dankie dat julle ons naam hoog hou, Zwarries!
Jacaranda










