Hoërskool Zwartkop muurbal maak geskiedenis
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop is trots op hul seuns muurbalspan wat aan die S.A. Top Schools toernooi te Pietermaritzburg deelgeneem het. Hierdie toernooi bestaan al vanaf 1984 en die skole is in twee poele van 4 skole gedeel wat dan 3 poelwedstryde elk speel. Daar vind dan ‘n semi-finaal tussen die wenner van die een poel en die skool wat tweede kom in die ander poel, plaas. Die finaal vind plaas tussen die twee wen skole van die semi-finaal. Die Zwarrie-span het bestaan uit Luhann Groenewald (Kaptein), Juan-Corné Brand, Frederik Botha, Jonathan Oliver, H.J. Coetzer en Logan Kidson. Die uitslag van die wedstryde is as volg:
Poelwedstryd 1 – ZWK wen Rondebosch met 17 – 3
Poelwedstryd 2 – ZWK wen King Edward (KES) met 19 – 4
Poelwedstryd 3 – ZWK wen Grey P.E. met 18 – 7
Semi-finaal – ZWK wen St. Andrews Bloemfontein met 14 – 8
Finaal – ZWK wen Selbourne College Oos Londen met 15 – 6
Hoërskool Zwartkop se muurbalseuns is onoorwonne vir die toernooi en die nuwe Seuns S.A. Top Schools Muurbal-kampioene!
![]()










