Hoërskool Witteberg 3 Debatspanne eindig onder die TOP 10 in SA by debat landsfinaal
ADVERTISEMENT
Die 14 top- nasionale junior en senior debatspanne regoor Suid-Afrika, het onlangs hul slag gewys om te bepaal wie kraai koning tydens die nasionale finaal van die ATKV-Debatskompetisie. 3 Spanne van Hoërskool Witteberg het deurgedring na die finaal en al drie hierdie spanne eindig onder die Top 10 in Suid-Afrika.
- Juniors 1: Stephan Uys, Juané Loubser & Zané Wessels eindig in die 6e plek.
- Juniors 2: Petroné Goosen, Tria-Mari Strydom en Cobus Labuschagne eindig in die 7e plek.
- Seniors 1: André Hauptfleisch en Jurie Wessels eindig in die 9e plek.
Die finaal is op 19 Augustus 2023 by ATKV-Goudini Spa naby Worcester aangebied.
![]()










