Hoërskool Durbanville Debatspanne skitter
ADVERTISEMENT
Nie minder as 8 Junior Durbanville Debatspanne neem deel aan die ATKV Wes-Kaap Debatskompetisie se eerste rondte die naweek van 16 en 17 Mei wat deur ons trotse Hoërskool Durbanville aangebied is. Die volgende Junior spanne dring deur na die semi-finale rondte op 6 en 7 Junie wat deur Hoërskool Stellenbosch aangebied word:
- Christian Coetzer, Leila Viljoen en Sophia Viljoen
- Elizabeth Coetzer, Jana Muller en Charl Vries
- Tiaan Groot, George du Plessis, Stefan Lombard
Ons is super trots op ons Junior Durbies wat ons vaandel hoog laat wapper het.8 Vlymskerp Senior Durbie debatspanne neem deel aan die eerste rondte van die ATKV Wes Kaap Debatskompetisie die naweek van 16 en 17 Mei wat deur ons eie Hoërskool Durbanville aangebied is.Die volgende Seniorspanne dring deur na die semi-finale rondte op 6 en 7 Junie wat deur die Hoërskool Stellenbosch aangebied word:
- Dané en Mila Morkel
- Lenae en Melandi Nabal
- Angelique en Genevieve Myburgh
- Emma van der Merwe en Tiaan Bierman
Hartlik geluk, Senior Durbies! Julle is beslis ‘n opponent om mee rekening te hou.

Ons Seniorspan bestaande uit Melandi Nabal, Islah Vorster en Tiaan Bierman het die senior afdeling van die Dink of Sink onvoorbereide Debatskompetisie se Suidstreek gewen









