Hoërskool Eldoraigne Debat Nuus
ADVERTISEMENT
Wat ‘n wonderlike 3 dae wat Hoërskool Eldoraigne by die Con Spirito Debatkompetisie by HS Garsfontein waar ʼn totaal van 180 spanne deelgeneem het!Dankie aan elkeen van ons vier spanne wat deelgeneem het! Hulle is as volg: Evette Smit, Justin Janse van Rensburg, Lana Janse van Rensburg, Mpho Nemakavhani, Jana Kriel, Jizelle du Toit, Marjike van Voorst en Nelmie Mcleod.
Ons spanne het met indrukwekkende resultate afgesluit:
Debatspookspan: Nelmie Mcleod, en Marijke van Voorst het as ‘n spookspan teen HS Dr. Malan deelgeneem en ‘n *oortuigende* oorwinning behaal!
Debatspan 2: Jana Kriel en Jizelle du Toit het hul debat teen HS Bergsig gewen en gesorg vir ‘n uitstekende prestasie!
Debatspan 1: Nelmie en Marijke het in hul tweede debat teen HS Menlopark gestry, met die uitslag wat *gelykop* eindig!
‘n Groot applous aan al ons debatters – julle het harde werk en toewyding getoon. Julle het ons skool met trots verteenwoordig en ons is regtig trots op julle prestasies! Hou aan om so voort te gaan, en kom ons bly gemotiveerd vir die volgende kompetisies!














