Hoërskool Volksrust rugby skop die jaar vroeg af
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust rugby skop die jaar vroeg af. Op 7 Februarie skop Hoërskool Volksrust af teen Sarel Cilliers in ʼn oefenwedstryd. Met die afwesighede van die atletiek atlete is die wedstryd se fokus op ontwikkeling. Volksrust lewer goeie spel in die vaste fasette van die spel; met skrums het Volkies die oorhand en word hulle staal gewys. Volkies vaar ook goed in die afbreekpunt. Ons sal graag dit egter nog wil verskerp sodat die bal vinniger uitkom om meer aanvalsgeleenthede te skep.
Leemtes op verdediging en aanval word geïdentifiseer wat aangespreek sal word ter voorbereiding van die seisoen. Volksrust se seniorgroep sal op 11 Februarie 2023 teen Hoërskool Werda van Queensburgh, Durban speel tydens ʼn toernooi te Ferrum. ~mnr. Petrus Schoeman~
![]()










