Hoërskool Volksrust fietsryers presteer by die Mpumalanga Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Francois de Jager, graad 10 Volkie, ry onder 17 en neem deel aan die Mpumalanga padfiets wedren van 67 km by Mbombela. Francois behaal die eerste plek met ‘n kwalifiserende tyd vir SA’s. Verder word hy ook verkies om die Mpumalanga Konfederasie span te verteen woordig later die jaar op die SA’s.

Danél de Jager, graad 8 Volkies, ry onder 15 en neem ook deel aan die Mpumalanga padfiets wedrenne te Mbombela. Sy behaal ook die eerste plek met padfietswedren en ook met tydtoets, met kwalifiserende tye vir SA’s. Danél is ook verkies tot die Mpumalanga Konfederasie span wat later vanjaar by die SA’s verteenwoordig word.

Baie geluk aan hierdie twee talentvolle en hardwerkende Volkies. Ons wens hulle alle sukses toe met hul verdere deelname.










