Hoërskool Volksrust bied met trots die Goue Byeenkoms 2025 aan
ADVERTISEMENT
Hoërskool Vollksrust het met trots die Goue Atletiekbyeenkoms aangebied, ʼn atletiekdag vol ywer, gees en uitmuntende prestasies! Die kompetisie was sterk met spanne van Hoërskool Ferrum, Hoërskool Pionier, Hoërskool Pongola en Hoërskool Standerton. Ons atlete het ongelooflik presteer en ons wil elke deelnemer gelukwens met hul deursettingsvermoë en sportmanskap. ʼn Spesiale vermelding aan Xian Meyer, wat geskiedenis gemaak het deur die Beste pestasie vir die dag trofee te wen met sy uitsonderlike vertoning in die Seuns o.16 – 110 m Hekkies! Hy het nie net die rekord gebreek nie, maar ook ʼn blitsvinnige tyd van 14,3 sekondes aangeteken en 862 ASA-punte behaal!
ʼn Groot dankie aan al ons skoolleerders wat op die veld en baan gehelp het – julle harde werk het die dag ʼn reuse sukses gemaak! Ons waardeer ook die gemeenskap se ondersteuning, veral ons beamptes wat hul dag opgeoffer en in die Volkie Gees te deel: Ons getroue afsitter, Theo Gregory, André Erasmus, Braam Kramer, NC Swart, Hester du Preez, Lida Oosthuizen, Celia du Preez en Brandon Magudulela. Dankie ook aan al die onderwysers wat as beamptes gewerk het om seker te maak die dag verloop seepglad. Baie dankie aan almal wat deel was van hierdie ongelooflike dag ons is trots op julle!

Xian Meyer









