Hoërskool Upington tweeling presteer uitestekend by die ‘Eskom Expo for Young Scientists’
ADVERTISEMENT
Welgedaan aan ons Uppie tweeling. Ciara en Keara Strauss, graad 9-leerders, het onlangs deelgeneem aan die ‘Eskom Expo for Young Scientists’ in Kathu met hul projek oor ‘Dormancy vs Germination using Light Frequency’.
Hierdie inspirerende expo bemoedig leerders om wetenskaplike konsepte te ontdek, innoverende idees te ontwikkel en regte wêreld probleemoplossings deur Wetenskap en Tegnologie aan te pak. Ons is ongelooflik trots om te kan deel dat Ciara en Keara Goud behaal het in ‘Plant Science’
Welgedaan, Uppies! Julle harde werk en passie vir wetenskap maak ons almal trots.










