Hoërskool Upington swemmers presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Hoërskool Upington is ongelooflik trots op die 3 swemmers wat die afgelope week (25–29 Maart) in Bloemfontein aan Swem Suid-Afrika se Level 3 gala deelgeneem het!
Hulle het uitstekend gevaar en pragtige prestasies behaal:
- Nieke Engelbrecht – 2 Goud en 1 Silwer
- Ankia Avenant – 3 Goud en 1 Silwer
- Gea March – 3 Goud, 1 Silwer en 1 Brons
Wat ’n ongelooflike prestasie!














