Hoërskool Swellendam vs Hoërskool Bonnievale
ADVERTISEMENT
Na ‘n lang vakansie was Swellendam se rugbyspelers terug op die veld en op 26 Julie het hulle hul eerste wedstryd van die kwartaal teen Bonnievale gespeel.
Die o.15’s was eerste in die ry en het hul wedstryd met 22-19 gewen. Die o.16’s het net so goed gespeel en hul wedstryd met ‘n fantastiese telling van 34-3 gewen. Baie geluk aan hierdie twee spanne. Ons glo julle sal nie by die interskole teleurstel nie!










