Hoërskool Ermelo Skrumskakel-kliniek
ADVERTISEMENT
Op Woensdag 13 April het Hoërskool Ermelo ‘n skrumskakel-kliniek aangebied vir die Erries met rugby-kenner, Deon de Kock, as aanbieder. Deon het vir verskeie provinsies gespeel wat onder andere meer as 12 “First Class games” insluit. Daar is spesifieke aandag aan elke skrumskakel van die Erries gegee en aan verskeie aspekte gewerk, soos die skoppe. Die Erries is besonder dankbaar vir die kennis wat oorgedra en die lesse wat geleer is.

Carel Jacobsz in aksie tydens die kliniek, besig met ‘n balwerk-oefening

Van links na regs verskyn mnr. Deon de Kock, Jannie Jacobsz, Carel Jacobsz en mnr. Stephan van Dyk









