Hoërskool Swartland se o.19B-krieketspan vs Hoërskool Labori
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swartland se o. 19B-krieketspan het teen Hoërskool Labori gespeel. Swartland kolf eerste en teken 95 lopies aan. Ons beste kolwer was Jaco van Zyl met 36 lopies. Swartland se boulers vaar ook baie goed:
- Henco Scott: 6 paaltjies in 4 beurte en staan 12 lopies af.
- Johan Jurgens: 2 paaltjies in 4 beurte en staan 16 lopies af.
Hoërskool Labori kon net 89 lopies behaal; dus wen Hoërskool Swartland die wedstryd met 6 lopies! Baie geluk, ons is saam met julle trots! Dankie aan mnre Van Eck en Van Dyk wat die seuns vergesel het.
![]()










