Hoërskool Swartland o.15A-krieketspan sluit hul seisoen met ‘n oorwinning
ADVERTISEMENT
Swartland se o. 15A-krieketspan het vandag hul laaste wedstryd van die seisoen gespeel. Hulle het teen Curro in Langebaan gespeel. Hoërskool Swartland kolf eerste en teken 194/4 aan in hul 20 boulbeurte. Markus Vorster teken 60 lopies nie-uit-nie aan en Iaan Snyders 46 lopies. Curro word beperk tot 54 lopies na 12 boulbeurte. Euan Claasen het as bouler uitgestaan met 6 paaltjies, wat ‘n vierkuns insluit. Swartland wen die wedstryd met 140 lopies. Baie geluk aan hierdie seuns, sowel as hulle afrigters!












