Hoërskool Swartland krieketuitslae
ADVERTISEMENT
Swartland se o/15A-krieketspan het Dinsdagmiddag na Moorreesburg gereis om teen Hoërskool Dirkie Uys ‘n T20 te speel. Swartland doen eerste veldwerk en beperk die tuisspan tot 29 lopies. Hugo Jurgens en Damian Starkey neem elk 3 paaltjies. Swartland benodig slegs 5 boulbeurte om die wentelling van 30 lopies aan te teken. Swartland wen die wedstryd met 10 paaltjies. Baie geluk seuns!
Krieket: O/19
Wedstryd 1: RPC
Saam met ons o/15’s, het ons o/19’s ook die 27ste Januarie teen RPC (gemenge span van die Paarl) gespeel. Swartland verloor die loot en boul eerste. Ons beperk die opponente met 136/10.
Beste boulers:
- Juan Meyer met 4/12 na 5.4 beurte.
Swartland behaal die totaal met slegs 1 paaltjie oor. Baie geluk aan Yeoman Van Zyl en Euan Claassen wat mooi aan die einde kopgehou het om die wedstryd vir ons deur te trek.
Beste kolwer:
- Carlo van der Merwe met 38 lopies.
Hoërskool Swartland wen met 1 paaltjie.
Wedstryd 2: Hoërskool Hopefield
Ons speel Maandag, die 29ste, in ‘n T20 wedstryd teen Hoërskool Hopefield. Swartland wen die loot en besluit om eerste te kolf. Ons begin met ‘n rustige tempo nadat ons reeds vroeg ‘n paaltjie verloor het. Hoërskool Swartland teken 205/3 aan. Dis nadat JH Kleynhans en Carlo van der Merwe ‘n baie goeie vennootskap van 141 lopies aangeteken het.
Beste kolwers was:
- Carlo van der Merwe: 109 van 47 balle nie-uit-nie.
- JH Kleynhans: 60 van 47 balle.
Swartland beperk Hopefield vir slegs 84 lopies.
Beste boulers:
- Iaan Snyders: 3/14 in 4 beurte.
Hoërskool Swartland wen met 121 lopies. Wat ‘n uitstekende week vir ons krieket! Baie geluk. Ons sê ook baie dankie aan ons borge vir die dag – Hein en Alicia Muller; On Tap en Painters Choice.












