Xhariep Krieket uitslae vir Laerskool Aliwal-Noord
ADVERTISEMENT
Xhariep Krieket uitslae vir Laerskool Aliwal-Noord. Op Donderdag, 29 September 2022, het 9 van ons leerders na Sasolburg vertrek om die Xhariep krieketspan te gaan verteenwoordig. Mnr. Nicol (o/11 Xhariep afrigter) en Mnr. Christian (o/13 Xhariep afrigter) het die manne na die jaarlikse Vrystaat Jeug Krieket Toernooi vergesel. Die toernooi was drie dae lank en albei Xhariep-spanne het baie goed gevaar. Elke speler het baie wedstrydondervinding opgedoen en het elke oomblik geniet. Die volgende leerders het die Alie-naam hoog gehou met puik gedrag en goeie sportmanskap: Hendrik Odendaal, Joshua Yalezo, Jacobus van Pletzen, Asakhe Tsiki, Jaden Geldenhuys, Matthew van Rooyen, Luke van Rooyen, Gary Marx en CJ Nagel.

Xhariep Krieket 0.11

Xhariep Krieket o.13









