Hoërskool Punt atleet hardloop sterk aan die Cape Town Marathon
ADVERTISEMENT
Hoërskool Punt is ongelooflik trots op Dian Barkhuizen se uitstekende prestasie tydens die Cape Town Marathon se 10 km-wedloop!
Dian het: as die 5de junior uit 135 deelnemers geëindig,24ste man uit 3 657 deelnemers geëindig én ’n nuwe persoonlike beste tyd van 32:27 op die 10 km behaal! Baie geluk met hierdie besonderse prestasie, Dian. Jou harde werk, deursettingsvermoë en trots maak ons ongelooflik trots!









