Hoërskool Outeniqua kondig hul Graad 8 VRL-leiers aan
ADVERTISEMENT
Met groot trots kondig Hoërskool Outeniqua die verkiesing van die nuwe Graad 8-lede tot die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) aan. Hierdie jong leiers het reeds gewys dat hulle bereid is om verantwoordelikheid te aanvaar en ’n stem te wees vir hul medeleerders.Die VRL is ’n belangrike deel van die skoolkultuur. Dit is waar leierskap ontwikkel, waar samewerking en respek versterk word, en waar elke lid ’n rol speel in die bou van ’n gemeenskap wat trots en eenheid uitstraal.

V.l.n.r: Pierre Spies, Ally van Rooyen, Ané Marais & Luke Liebenberg









