Hoërskool Eldoraigne kondig VLR Uitvoerende Raad vir 2026 aan
ADVERTISEMENT
Hoërskool Eldoraigne kondig met trots die vyf ampdraers van ons VLR Uitvoerende Raad aan – die hoogste leierskapstruktuur in enige skool. Hierdie leerders is deur die Eldoraad verkies om voor te loop, hulle op die BL te verteenwoordig en met integriteit te dien.
Baie geluk aan:
- Daniël Fourie (Sport) – Voorsitter
- Zoë Rich (Sosiaal) – Ondervoorsitter
- Mia Röhrbeck (Welwillendheid) – Tesourier
- Kayla Schröder (Akademie) – Sekretaris
- Nicole Froneman (Kultuur) – Skakelbeampte
Ons sien uit na ’n jaar waarin julle met visie, waardes en egte Eldo-gees sal lei.










