Hoërskool Fichardtpark leerderraad-belofte onderteken
ADVERTISEMENT
Hoërskool Fichardtpark het die Leerderraad van 2025/2026, tydens ‘n glansgeleentheid, hul leerderraad-belofte onderteken. Elkeen van die leerderraadslede se ouers was ook teenwoordig om hierdie spesiale aand ook saam met hulle te kon deel. Mag hierdie belofte deel wees van jou oordenking in jou daaglikse take, deel wees van jou besluitneming in sekere situasies en mag jy altyd ‘n leier wees wat glo, werk en dien. Die leerderraadkomitees is ook aan die ouers voorgehou en ons sien uit om ook binne elke komitee met talente te kan woeker en innoverende idees die lig te laat sien.










