Hoërskool Adamantia VRL vir 2026 inhuldiging
ADVERTISEMENT
Hoërskool Adamantia het met trots die inhuldiging van ons 2026 VRL-lede by die skool gevier. Die skool is ongelooflik trots op elke leerder wat bereid is om verantwoordelikheid te aanvaar en ’n verskil in ons skool te maak. Leierskap gaan nie net oor ’n titel nie, maar oor diens, integriteit en om ’n positiewe voorbeeld te stel. Mag julle jaar gevul wees met wysheid, moed en sukses terwyl julle ons skoolgemeenskap dien. Ons sien uit na die impak wat julle gaan maak!















